Knus Tuinwoonstel te Huur in Riviera
Hierdie netjiese en goed versorgde tuinwoonstel is ideaal vir 'n enkellopende, stil en rustige dame en is slegs vir enkelbewoning beskikbaar. Die woonstel bied gemaklike leefruimte met 'n klein privaat tuintjie en uitstekende veiligheidskenmerke. Een klein hond of kat sal oorweeg word.
Eiendomskenmerke:
- 1 Slaapkamer met ingeboude kaste
- Studeerkamertjie, ideaal vir tuiswerk of as ekstra vertrek
- 1 Badkamer met stort
- Moderne oopplan kombuis en leefarea
- Lugversorger
- Ingeboude stoorkaste en boekrakke
- Klein privaat tuintjie
- 1 Parkeer afdak
- 2 Plaat gasstoof
- Wasmasjienkonneksie
Veiligheidskenmerke:
- Elektriese heinings
- Outomatiese hek
- Alarmstelsel geïnstalleer (nie aan 'n gewapende reaksiediens gekoppel nie)
Addisionele Inligting:
- Internet beskikbaar deur Rain (vir huurder se eie rekening)
- Water ingesluit by die huur vir matige huishoudelike gebruik
- Slegs vir enkelbewoning
Troeteldiere:
Een klein hond of kat sal oorweeg word
Ligging: Geleë in die gewilde voorstad Riviera, naby belangrike hospitale, winkelsentrums, universiteite en hoofroetes.
Kontak ons vandag om 'n besigtiging te reël.